Events

LAND SE OUDSTE SEEWEDVAART VAT OPNUUT DIE SUIDELIKE OSEAAN AAN

Pinterest LinkedIn Tumblr

Die eerste Mosselbaai Resies (MBR) ooit is in 1955 gehou, met ‘n roete wat vreeslose seevaarders hul seile laat span het vanaf Simonstad tot in Mosselbaai. Dié jaar word dieselfde reisplan gevolg, na die wegspringslag op Donderdag 30 September in die verruklike Kaapse vlootdorp.

Die MBR word gedryf deur die False Bay Yacht Club (FBYC) in samewerking met Mosselbaai Seiljagklub, en maak deel uit van laasgenoemde dorp se Great Escape-veldtog met sy vele aanbiedings, feestelikhede en bemarkingsgeleenthede.

Die wedloop het ontstaan toe bekende seiljagvaarders Ted Kuttel en Dale Kushner hul kommer gedeel het oor die gebrek aan seevaart geleenthede rondom die Wes-Kaapse kus.

Photo © Amaza Images
www.nicbothma.com
info@nicbothma.com
Cell: 0825519585

Hulle het toe die bal aan die rol gesit met ‘n nuwe wedvaart en werkbare roete.

Nie net moes deelnemers die kontinent se suidelikste punt omseil nie, met sy meegaande strome en uitdagende weerstoestande, maar moes ook voorbereid wees vir die moontlikheid van sterk suidoostewinde. Kuttel en Kushner het blad geskud en hul plan laat werklikheid word.

Die resies staan vandag as MBR bekend en die plan is om dit ‘n jaarlikse geleentheid te maak – en sy stigters speel steeds ‘n rol in hierdie historiese seevaart. Vanjaar se wedren word trots ondersteun deur Protea Hotel Mosselbaai en Cape St Blaize Artisanal Distillery.

Nadat daar op 30 September om 9vm vertrek is, word die 210 seemyle Mosselbaai toe in die kortste moontlike tyd gevaar. Die eerste seiljag gooi gewoonlik anker by hierdie gewilde Suid-Kaapse hawedorp op die dag na wegspring, en die res van die vaartuie land binne die volgende 24 uur aan.

Die wedrenkomitee het tyd beskik vir jagte se terugbesorging gedurende die naweek, en dus word ‘n prysuitdeling vir die volgende Vrydagaand by FBYC beplan.

Een van die organiseerders, Wilhelm von Schutz van Mosselbaai Seiljagklub, sê: “Ons bedank Ted Kuttel, wie se visie dat die wedloop weer ingestel word ‘n groot motiverende faktor was, terwyl hy ook op baie ander gebiede behulpsaam was.”

Die wedrenkomitee verwelkom hierdie jaar vorige en nuwe deelnemers, ondermeer ‘Assagai’, wat terugkeer nadat sy aan die 2017-wedren deelgeneem het. Cape to Rio-veteraan ‘Rocket’ – ‘n Simonis 55 – vier haar toetrede tot MBR 2021, sowel as ‘n Simonis 35 genaamd ‘Wallbanger’.

‘Alegria’ is ‘n Whitbread 30 ontwerp deur Maarten Voogd, en nou die eiendom van voormalige FBYC kommodoor Ant Wentworth; ‘Argonaut’ is geen vreemdeling in Suid-Afrikaanse seilkringe nie, na verskeie Cape to Rio-toere en ‘n dosyn wind-af lopies Mykonos se kant toe. Maar dit is die eerste MBR wat gedoen word onder haar leuse ‘Partytjiebus met Seile’…

Met al hierdie opwinding beplan vir die eerste naweek in Oktober, is dit sekerlik tyd om jou Great Escape Mosselbaai toe te bespreek! Besoek www.visitmosselbay.co.za of bel 044 691 2202 vir verdere inligting.

CaravanSA

Write A Comment

Join our free mailing list